30 Julie 2025 Persvrystelling: TDM se Munisipale Gesondheidsafdeling voer Spaza winkel Blitsoperasie in Oudtshoorn uit
Persvrystelling: TDM se Munisipale Gesondheidsafdeling voer Spaza winkel Blitsoperasie in Oudtshoorn uit
Vir onmiddellike vrystelling
30 Julie 2025
Die Tuinroete Distriksmunisipaliteit (TDM) se Munisipale Gesondheidsafdeling in Oudtshoorn het gister met ander rolspelers in die Groter Oudtshoorn area deel uitgemaak van ‘n spaza winkel blitsoperasie. Tydens inspeksies het elke rolspeler spesifiek gefokus op hulle onderskeie rolle vir spaza winkels om te voldoen aan wetgewing in hiérdie bedryf.
Die volgende rolspelers het deel uitgemaak van die operasie, nl:
- TDM se Munisipale Gesondheidsafdeling – Oudtshoorn Kantoor.
- Die Suid Afrikaanse Polisiediens
- Oudtshoorn Munisipaliteit se Brandweer Dienste, Wetstoepassing, Elektriese Afdeling en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsafdeling
Daar was altesaam 15 amptenare betrokke by die blits operasie. Die TDM-span het gefokus op algemene higiëne van die voedselpersele, asook etikettering van voedselprodukte op die rakke van spaza winkels.
Van die 5 spaza winkels wat in die Rose Valley area besoek was, was elkeen in besit van ‘n voedselperseel Geskiktheidsertifikaat wat deur die TDM uitgereik is. Enige spaza winkel wat handel dryf moet in besit wees van ‘n geskiktheidsertifikaat om wettig handel te kan dryf.
Drie (3) van die persele is tydelik gesluit aangesien hul nie voldoen het aan die brandweervereistes nie.
Na afloop van elke inspeksie is die bevindinge met die eienaar of persoon in beheer bespreek, asook kort informele bewusmaking gegee met betrekking tot tekortkominge by die betrokke persele.
Gesamentlike Blitsoperasies gee die verskillende instansies ‘n kans om ‘n holistiese benadering te volg oor hoe om die spaza winkels in die Tuinroete te help om te voldoen aan verskillende wetgewings wat van toepassing is op die bedryf van ‘n spaza winkel. Dit gee ook die gemeenskap die gemoedsrus dat daar wel inspeksies gedoen word by dié tipe persele en dat daar opgetree word indien hulle nie voldoen aan standaarde nie.
Garden Route District Municipality’s (GRDM) Environmental Health Practitioners serving the Oudtshoorn area, yesterday (29 July 2025) conducted a blitz operation in Oudtshoorn aimed at spaza shops in the area. The purpose of the operation was to inspect spaza shops to determine whether they comply with relevant legislation. The operation was conducted in collaboration with other stakeholders including the South African Police Service and Oudtshoorn Municipality’s Fire Services, Electrical Services and their Local Economic Unit.
All 5 shops that were visited in the Rose Valley area, were in possession of Certificates of Acceptability; however, 3 shops were temporarily closed due to non-compliance with Fire Safety requirements.
EINDE





