Skip to content Skip to left sidebar Skip to footer

15 Oktober 2025 Persverklaring: Klein-Karoo Tuinroete- en Kannaland-munisipaliteite verenig vir gemeenskapsgedrewe rivier-skoonmaakinisiatief

Persverklaring: Klein-Karoo Tuinroete- en Kannaland-munisipaliteite verenig vir gemeenskapsgedrewe rivier-skoonmaakinisiatief

15 Oktober 2025

Laas week Dinsdag, 7 Oktober 2025, het die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, in vennootskap met Kannaland Munisipaliteit, ’n skoonmaaksessie gehou. Die inisiatief is geïnisieer en gelei deur die Afvalbestuursafdeling van die Kannaland Munisipaliteit.

Die skoonmaak was ’n gemeenskapsgedrewe poging met die doel om die plaaslike ekosisteme te herstel en bewaar. Dié geleentheid het plaaslike vrywilligers saamgebring, omgewingsbewustheid bevorder, en besoedeling aan te spreek deur skadelike afval suksesvol uit die rivier verwyder. Die projek wys wat mense kan bereik as hulle saamwerk om die omgewing te beskerm.

Doelwitte van die skoonmaakinisiatief:

– Verwyder plastiek en ander rommel uit die rivier.
– Lig gemeenskappe in oor hoe om afval beter te bestuur en die natuur te beskerm.
– Moedig mense aan om die omgewing op die lang termyn te versorg.
– Versamel inligting oor die hoeveelheid afval om toekomstige skoonmaakplanne te verbeter.

 

Belanghebbendes en Vennootskappe:

 

Kannaland Munisipaliteit – Verskaf logistieke ondersteuning en afvalverwydering.

Kommunikasie- en LED-afdeling van Kannaland Munisipaliteit – Help met gemeenskapsbetrokkenheid en koördinering.

Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) – Jeug-omgewingsgradueerdes het deelgeneem.

FC Velocity Sokkerklub – Verskaf jeugvrywilligers.

Tuinroete Distriksmunisipaliteit – Verskaf T-hemde, sakke, water, bewustheidsmateriaal en die ‘maskot’.

Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester, Kannaland Munisipaliteit – Bied versnaperinge aan.

-EINDE-