Skip to content Skip to left sidebar Skip to footer

5 November 2024 Mediaverklaring: Pille gevind in “chips” en ander voedselverpakkings – Tuinroete Distriksmunisipaliteit se reaksie

Mediaverklaring: Pille gevind in “chips” en ander voedselverpakkings – Tuinroete Distriksmunisipaliteit se reaksie

Vir Onmiddelike Vrystelling
5 November 2024

Tuinroete Distriksmunisipaliteit (TDM), die Suid-Afrikaanse Polisidiens (SAPD), Plaaslike munisipale Wetstoepassers en ander rolspelers is bewus van insidente in die Groot-Brak en Friemersheim-omgewing waar vreemde voorwerpe/pille in “chipspakkies” en ander produkte gevind is. ’n Ondersoek is tans aan die gang om die feite rondom hierdie insidente te bepaal. Die TDM is toegewyd en verantwoordelik om te verseker dat voedsel wat aan die publiek verkoop word, veilig is vir verbruik.

In reaksie tot sosiale media plasings en berigte in die media, het Burgemeester Andrew Stroebel, die volgende genoem: “Ons verseker die publiek dat ons hierdie saak uiters ernstig opneem en onmiddellik alle amptenare ten volle van die situasie in kennis gestel het. Die veiligheid van die publiek, veral met betrekking tot gesondheid, sal prioriteit bly.”

Die SAPD het die TDM in kennis gestel van vreemde pille wat in chips-pakkies en ander voedselpakkies aangetref is en dis vervolgens by die Groot-Brak Polisiekantoor gerapporteer.

‘n Pil, afgeneem saam met skyfies wat deur SAPS gekonfiskeer is (Bron: Verskaf en geverifieer deur Omgewingsgesondheidspraktisyns)

Blitsoperasies word weekliks uitgerol, waarvan nog een mΓ΄re sal plaasvind. Tydens hierdie sessies word verskeie informele voedselhandelaars besoek. Belanghebbendes wat deel vorm van hierdie operasies, sluit in die SAPD, Plaaslike Munisipale Wetstoepassers, en die Departement van Binnelandse Sake, onder andere.

Meer inligting oor die insident sal op ’n latere stadium bekendgemaak word.

Lede van die publiek word aangemoedig om hul naaste SAPD-stasie te kontak of direk uit te reik na die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se Omgewingsgesondheidsdienste, indien hul op voedselprodukte afkom wat verdag lyk.

Johan Compion – Senior Bestuurder: Munisipale Gesondheid, Vaste Afvalbestuur en Lugkwaliteitsbeheer

E-pos: jcompion@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1550 / 082 803 5161

Desmond Paulse – Bestuurder: Munisipale Gesondheid – Klein Karoo
E-pos: desmond@gardenroute.gov.za
Tel: 044 272 2241 / Sel: 083 678 6530
St Johnstraat 94, Oudtshoorn

Rinay Cloete – Waarnemende Hoof: Munisipale Gesondheid, Mosselbaai
E-pos: rinay@gardenroute.gov.za
Tel: 044 693 0006 /Sel: 083 630 6108
Hoek van Sampson & MarlingStraat, Mosselbaai

Emmy Douglas – Hoof: Munisipale Gesondheid, George (Outeniqua)
E-pos: emmy@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1537 / Sel: 078 457 2824
Missionstraat, IndustriΓ«le gebied, George

Jessica Erasmus – Waarnemende Hoof: Munisipale Gesondheid, George (Wildernis)
E-pos: jessica@gardenroute.gov.za
Tel: 044 803 1522 / Sel: 081 346 3118
Missionstraat, IndustriΓ«le Gebeid, George

James McCarthy – Hoof: Munisipale Gesondheid, Knysna (Meer)
E-pos: james@gardenroute.gov.za
Tel: 044 382 7214 / Sel: 082 805 9417
Queenstraat 26A, Knysna

Gawie Vos – Hoof: Munisipale Gesondheid, Bitou (Meer)
E-pos: Gjvos@gardenroute.gov.za
Tel: 044 501 1600 / Sel: 083 557 1522
Gibbstraat 7, Plettenbergbaai

Haemish Herwels – Hoof: Munisipale Gesondheid, Hessequa (Langeberg)
E-pos: haemish@gardenroute.gov.za
Tel: 028 713 2438 / Sel: 083 678 6545
Mitchellstraat 23, Riversdal

EINDE