27 Februarie 2025 Persvrystelling: TDM reik uit na Dysselsdorp gemeenskap tydens waterkrisis
Persvrystelling: TDM reik uit na Dysselsdorp Gemeenskap tydens waterkrisis
Vir onmiddelikke vrystelling
27 Februarie 2025
Vanoggend, 27 Februarie 2025, het Tuinroete Distriksmunisipaliteit (TDM) begin om hulp te verleen aan die Dysselsdorp gemeenskap in die Klein-Karoo, met die verskaffing van ‘n 10 000 liter water.
Die Dysselsdorp gemeenskap ontvang water nadat tien duisend (10 000) liter vanoggend deur TDM in hul area afgelewer is.
Volgens Burgemeester Andrew Stroebel is die versoek gerig nadat die area probleme ondervind het met ‘n kabel wat beskadig was weens die onlangs kragonderbrekings (loadshedding) in die gebied. “Ons spanne het spoedig gereageer en het vanoggend die 10 000 liter water na die Dysselsdorp gemeenskap Vervoer”.
“TDM sal in noue samewerking met Oudtshoorn Munisipaliteit verseker dat die water by die nodige gebiede afgelewer word.”
Die Oudtshoorn Munisipaliteit se Tegniese Afdeling het hul dank uitgespreek teenoor die TDM se Rampbestuurseenheid vir die hulp in ‘n tyd van nood aan die gemeenskap van Dysselsdorp. Indien die pyp nie spoedig herstel word nie, sal verdere hulp vanaf die TDM aan hierdie gemeenskap volgende week voortgaan.
EINDE



