Skip to content Skip to left sidebar Skip to footer

Rampbestuur en Brandweer afdelings besoek Van Der Hoven Laerskool

“100 Nelson Mandela Centenary 2018” vieringe

Eden Distriksmunisipaliteit (Eden DM) se Rampbestuur en Brandweer afdelings het die Van Der Hoven Laerskool besoek. Die skool bestaan uit 4 onderwysers, ‘n sekretaresse en 75 leerders tot en met Graad 5.

Mnr Gerhard Otto van Eden DM het die verskillende afdelings aan die personeel en leerders voorgestel. Tydens die aktiwiteite het me Gail Bekeer noodhulpwenke aan die kinders verduidelik en me Tippie Bouwer het noodnommers aan die leerders verskaf. Brandweerpersoneel het ‘n skuim demonstrasie gedoen en die kinders hul ‘bunker’ pakke laat aantrek. Ter afsluiting, is kerrie en rys aan die leerders bedien, waarna ‘goodie bags’ en sakke vol klere aan almal oorhandig is.

Die skoolhoof, me Anita Oosthuizen, het die Eden span hartlik bedank vir die gebaar.