Garden Route sprekers bemagtig Parkie-prefekte

Die Garden Route Distriksmunisipaliteit het Saterdag 25 Januarie 2020 by die prefekte kamp van Parkdene Primêr ‘n leierskapsopleiding sessie behartig.

Me Mercy James van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan-afdeling het die prefekte aangemoedig om in hulself te glo en met selfvertroue hul funksie as leiers uit te leef. “’n Leier moet n visie hê, beheer neem oor hom of haar lewe en verantwoordelikheid neem vir keuses en besluite”. Sy het verduidelik dat leiers nie probleme sien, maar eerder geleenthede sien vir ontwikkeling en bemagtiging.

Me Mercy James (middel), saam met hoofleiers, vlnr: me Keisha Jantjies (Onder-hoofdogter), me Chaynique Du Plessis (Hoofdogter), mnr Sedwin Gysman (Hoofseun) en mnr Suleiran Dolf (Onder-hoofseun)

Volgens me James moet leiers ‘n lus vir leer ontwikkel, sodat hulle relevant en ingeligte leiers  kan wees.  Tydens ‘n interaktiewe groep sessie het leerders ook sinvolle  oplossings voorgelê vir die rommelstrooiing kwessie en vroe skoolverlaters in ons gemeenskappe.

Na afloop van me James se praatjie het Senior Kommunikasiebeampte van Garden Route Distriksmunisipaliteit, mnr Herman Pieters, leerders se kennis verryk deur eienskappe van Spekbome mee gedeel. Leerders het self uit twee groepe die top-bydraers tot antwoorde identifiseer. Teagan Arendse en Carmelita Hedenrycht is as wennners aangewys.

Ter afsluiting van die sessie het leerlinge hul dank en waardering uitgespreek teenoor die Distrik vir hul bereidwilligheid om 40 prefekte te verryk met kennis.


Garden Route District Municipality presented a talk about leadership to prefects from Parkdene Primary School on 25 January 2020. Integrated Development Planning Officer, Ms Mercy James, urged learners to believe in themselves and to strive to be leaders filled with self-confidence. “A leader must have a vision, take control and responsibility for his or her life choices,” said Ms James.

According to her, leaders should not see problems but solutions to transform issues into approaches of developmental and empowerment.

She also said that “leaders must develop an eagerness to learn, in order for them to become informed leaders.” Later during the session, learners were given the opportunity to present workable solutions for littering and learners who drop-out from school.

Shortly after Ms James’s presentation, Senior Communicator, Mr Herman Pieters, educated learners about Spekboom plants and the impact they have on the environment. Two Spekbome were donated to the top-performing groups, who then chose the top-contributor in their respective groups as the overall winners to receive a plant each.

In conclusion, learners thanked Garden Route District Municipality for availing themselves to share their wisdom and knowledge with all 40 prefects.